| |||||
Nasionale leuse: Dios y Federación (Spaans vir: "God en Federasie") | |||||
Volkslied: Gloria al Bravo Pueblo (Spaans vir: "Eer aan die dapper mense") | |||||
Hoofstad | Caracas | ||||
Grootste stad | Caracas | ||||
Amptelike tale | Spaans | ||||
Regering | Federale presidensiële grondwetlike Sosiaal-Bolivariaanse republiek Nicolás Maduro (omstrede) Delcy Rodríguez | ||||
Onafhanklikheid | 5 Julie 1811 13 Januarie 1830 29 Maart 1845 15 Desember 1999 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
916 445 km2 (32ste) 353 841 myl2 3,2 | ||||
Bevolking - 2021-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
31 568 179[1] (44ste) 28 199 867 33,74 / km2 (181ste) 87,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2013-skatting | ||||
MOI (2017) | 0,761[3] (78ste) – hoog | ||||
Gini (2006) | 46,9[4] – medium | ||||
Geldeenheid | Bolívar (VEF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
VET (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4½) | ||||
Internet-TLD | .ve | ||||
Skakelkode | +58 |
Venezuela (Spaans: [beneˈswela], ; letterlik: "klein Venesië"), amptelik die Bolivariaanse Republiek Venezuela (Spaans: República Bolivariana de Venezuela, [reˈpuβlikɑ βoliβɑˈɾjɑnɑ ðe βeneˈswelɑ]), is 'n land in die noorde van Suid-Amerika. Dit grens aan die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan aan die noorde, Guyana aan die ooste, Brasilië aan die suide en Colombia aan die weste. Net noord van Venezuela lê die Karibiese lande van Aruba, Bonaire, Curaçao en Trinidad en Tobago.